full screen background image
Leier van die Radio Kalahari Orkes, Ian Robberts op die verhoog.

Radio Kalahari Orkes speel stad aan die brand

462

Die konsert van die Radio Kalahari Orkes wat Vrydagaand by Curro Heuwelkruin aangebied is, is voorafgegaan deur gesellige samesyn om knetterende braaivleisvure waar boereworsrolle deur leerders voorberei is.
Die orkes, met veteraanakteur Ian Robberts van Arende-faam aan die spits, het die gehoor saamgeneem deur ‘n repertoire van die orkes se eie liedjies en meer bekende Afrikaanse treffers soos Kaptein en Staan by my.
Die geleentheid was deel van die Optog!-inisiatief wat daarop gemik is om gehore buite die groot stede ‘n geleentheid te gee om Afrikaanse kunstenaars op eie bodem te ontmoet en Willem en Erika Brits was twee van die gelukkige wenners van kaartjies wat in ‘n trekking deur Polokwane Observer aangebied is.

Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Wenners van Polokwane Observer se twee kaartjies na die konsert, Erika en Willem Brits.

Eithan en Layton Heineman, voor, met Johann Blignaut, Mieke Thompson en Zelenka Kruger is jong aanhangers van die Radio Kalahari Orkes.

Leier van die Radio Kalahari Orkes, Ian Robberts op die verhoog.

Gaste by die Radio Kalahari Orkes se optrede, Elizna Kotze en Nadia Kruger, voor, met Andre Kotze en Nico Joubert, agter.