full screen background image

Prosa- en poësieklub kweek liefde vir taal

372

Annette Meiring, ‘n leerkrag van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, se passie vir digkuns het haar geïnspireer om ‘n prosa- en poësieklub by die skool te stig om ‘n liefde vir taal en kultuur onder leerders te kweek.
Die Kaleidoskoop Prosa en Poësieklub se bekendstelling is verlede Woensdagaand in die skoolsaal gehou waar leerders hul eie gedigte aan gaste kon voorlees. Skoolhoof, Piet Holtzhausen, en afgetrede leerkrag, Wessel Cronjé, het ook van hul gunstelinggedigte voorgelees voordat die leerders ‘n geleentheid op die verhoog gekry het. Meiring het self ook haar eie gedig, ‘Reality’, wat handel oor die wyse waarop die media ‘n mens se lewe beïnvloed, voorgedra.
Holtzhausen het ‘n niepolitiese gedig van Eugene Terre’Blanche, ‘Digter’ voorgelees en Meiring vir die inisiatief bedank. Hy het gesê dit is die eerste stap in die regte rigting vir leerders om by die klub in te koop.
“Die klub bied vir elke belangstellende leerder die geleentheid om elke Woensdag hul liefde vir poësie en prosa uit te leef en hul nuutskeppings met ander te deel terwyl hul nuwe vriende maak, kommunikasievaardighede verbeter en hul leesbegrip opskerp,” sê Meiring.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ryno van der Merwe se klavierspel was verwelkomend vir die gaste.

Phutego Malatji dra haar gedig, ‘Mother, I found myself’, voor.

Tommie-leerkrag en inisieerder, Annette Meiring, deel haar gedig, ‘Reality’ met gaste.