full screen background image

Polokwane DBV betree nuwe era

727

Die aansoek van die bestuurder van die Polokwane DBV, Anton de Bruyn, om heraanstelling in sy pos na die onlangse opskor­ting van sy dienste, is verlede week ingevolge ‘n arbitrasietoekenning van die hand gewys.
Die voorsitter van die DBV-bestuur, Johann Loubser het dit bevestig en vermeld dat ‘n nuwe inspekteur, Emma Mahlou intussen aangestel is.
Hoewel die plaaslike DBV tans nie ‘n bestuurder het nie, gaan die aktiwiteite van die vereniging normaal voort en sal daar in die toekoms weer ondersoek ingestel word na die dienste van ‘n voltydse bestuurder.
“Personeel van die DBV hanteer die dag-tot-dag-bestuur en tree in wanneer probleme opduik,” sê Loubser.
Volgens Loubser ontvang die bestuur baie positiewe terugvoer van die publiek en is daar veral groot belangstelling rondom die DBV se welwillend­heidswinkel wat eersdaags in Savannah Mall geopen word.
Loubser is daarvan oortuig dat die DBV ‘n nuwe era betree en reken dat die vereniging vorentoe net van krag tot krag kan gaan.