full screen background image
Junior trofeewenners AJ Pretorius, Dré Jonker en Jan-Hendrik Venter saam met Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Limpopovoorsitter, Samuel Meyer.

Plaaslike skuts ontvang trofeë vir prestasies

574

Die provinsiale tak van die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het onlangs hul jaarafsluiting en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul uitnemende prestasies vereer is.
Junior skuts sowel as mans en vrouens is in verskeie kategorieë op provinsiale en nasionale vlak as uitblinkers aangewys.
Die trofeewenners in die mansafdeling is Hannes Becker (langafstand geweer senior kampioen), Apie Breet (handwapen ope veterane kampioen), Braam Pretorius (kleingeweer senior kampioen), Pieter Coetzer (Ambassadeurstrofee, jaggeweer senior kampioen), Cilliers Erasmus (luggeweer gaskampioen), Jannie van Wyk (handwapen kompakkampioen), Christo Pretorius (boog penne, luggeweer veerkampioen en Veelsydigste Skut van die Jaar), Org van Zyl (lugpistool veer, langafstand geweer en jaggeweer veteraankampioen), Bert Prins­loo (handwapen standaard en kleingeweer .22 veteraankampioen), Danny Muller (handwapen standaardkampioen), Morné Snelling (lugpistool veer senior kampioen, Toegewydste lid van die Jaar, haelgeweer jagkampioen en Kamerade trofee), Paul Eksteen (handwapen ope senior kampioen), Christo Strijdom (haelgeweer senior kampioen), Johan van Wyk (boogjagkampioen) en Cobus Joubert (geweerjagkampioen).
In die vroue-afdeling het die vrouens ook nie nodig gehad om terug te staan nie. Die trofeewenners is Corneli Strijdom (haelgeweerkampioen), Erna Prinsloo (handwapen standaardkampioen), Rika van Zyl (jaggeweer en lugpistoolkampioen) en Yolandie Jonker (langafstand geweerkampioen).
Daar was vanjaar ook geen keer aan die jong opkomende skuts nie. Die trofeewenners in die junior-afdeling is Hanré Willemse (luggeweer en kleingeweer o.19-kampioen), Helgard Muller (handwapen standaard o.19-kampioen), Jan-Hendrik Venter (langafstand geweer o.19-kampioen), Hanco Willemse (kleingeweer en luggeweer gas o.14-kam­pioen), Dré Jonker (luggeweer veer, haelgeweer en jaggeweer o.19-kampioen) en Efan Meyer (boog penne o.19-kampioen).

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Christo Pretorius is as boog penne, luggeweer veerkampioen en Veelsydigste Lid van die Jaar aangewys. Saam met hom is Limpopovoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie, Samuel Meyer.

Junior skut Dré Jonker saam met Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Limpopovoorsitter, Samuel Meyer. Dré is as luggeweer veer, haelgeweer en jaggeweer o.19-kampioen aangewys.

Die lugpistool senior- en haelgeweer jagkampioen, Morné Snelling wat ook met die trofee as Toegewydste Lid van die Jaar weggestap het saam met Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Limpopovoorsitter, Samuel Meyer.

Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Limpopovoorsitter, Samuel Meyer saam met Org van Zyl wat as lugpistool veer, langafstand geweer en jaggeweer veteraankampioen aangewys is.

Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Limpopovoorsitter, Samuel Meyer saam met Yolandie Jonker was as langafstand geweerkampioen aangewys is.