full screen background image
Lucky Maahlo behaal ‘n 14de plek in die seniorkategorie oor die 50 km-afstand. Regs: Emmanuel Ramohlale behaal ‘n algehele sesde plek tydens die Forever Loskop Marathonreeks se 21,1 km-halfmarathon.

Plaaslike atlete skitter by Loskop marathon

324

Atlete van Polokwane wat Saterdag aan die jaarlikse Forever Loskop Marathonreeks deelgeneem het, het hul goed van hul taak gekwyt met Pietersburg Road Runners (PRR) se Emmanuel Ramohlale wat ‘n algehele sesde plek met ‘n tyd van 1:14.32 in die 21,1 km behaal het.
Ramohlale het ook die vyfde plek in die seniorkategorie oor dieselfde afstand verwerf. Sy spanmaat, Lucky Maahlo, het met ‘n tyd van 3:15.56 ‘n 21ste plek in die 50 km-ultramarathon se ope-afdeling losgehardloop, wat ook aan hom ‘n 14de plek in dié afstand se seniorkategorie besorg het.
Geneva Raphahla behaal ‘n vierde plek in die seniorkategorie in ‘n tyd van 4:01.18 in die ultramarathon gevolg deur Joyce Netshifhefhe wat die sesde plek in dié kategorie in ‘n tyd van 4:04.56 verower.
Pienas Magashule van Polokwane Atletiekklub (PAC) het ‘n sewende plek in die 50 km-meesterskategorie met ‘n tyd van 3:41.45 behaal.
In die 21 km-stapkategorie het Yoelanda du Plessis van Run/Walk for Life ‘n tweede plek in die meesterskategorie met ‘n tyd van 2:47.06 behaal, terwyl PRR se Jacques van Blerk vyfde in die mansafdeling geëindig het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com