full screen background image

Plaasaaval buite Polokwane laat man, kleinseun ernstig beseer

1305

Bekende sakeman van Polokwane, Boebie Muller, en sy kleinseun Jaco is vanmiddag(Donderdag) op hul plaas wat op die Eerstegoud/Geyserpad geleë is, aangeval en ernstig beseer.
Die polisie en lede van die Polokwane GPF het ‘n soektog na ongeveer sewe gewapende mans geloods.
Volgens inligting bedryf die Mullers ‘n motoronderdelewerkwinkel op die plaas. “Die verdagtes het onlangs onderdele vir herstelwerk gebring en sou dit glo vandag opgelaai het. Jaco het klaarblyklik saam met die verdagtes na hul bakkie geloop waar hulle hom na bewering oorval het. Die skurke het toe wapens uit die bakkie gehaal waarna ‘n groep van hulle na die plaashuis gegaan het waar hulle Boebie erg aangerand het,” vertel ‘n bron.
Die verdagtes het glo laat spaander nadat werkers van die Mullers hul teëgesit het en twee skote is blykbaar afgevuur. Die mans het volgens getuies in ‘n blou Corsa-bakkie gevlug.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe het die voorval bevestig, maar gesê hy wag nog vir inligting van beamptes wat op die toneel was.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com