full screen background image
Zydra Hattingh is aangewys as belowendste onderwyskandidaat.

Pieties vereer slimkoppe tydens prysuitdeling

636

Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat gedurende die jaar op akademiese vlak uitgeblink het, is tydens die onlangse prysuitdeling vereer.
Die leerders wat in hul onderskeie vakke as toppresteerders aangewys is, is Alida du Preez (lewensoriëntering), Ané Beukes (besigheidstudies), Arina Hattingh (gasvryheidstudies), Bart Oerlemans (rekeningkunde), Carmen Pratt (Afrikaans letterkunde), David Robbinson (geografie), Jahnco Steyn (rekenaartoepassingstegnologie), Juané Vorster (Afrikaans stelwerk), Kayla Krause (Engels, ekonomie en gevorderde wiskunde), Magderie Smit (ingenieursgrafika en ontwerp), Mia Schulenburg (Afrikaans), Mika Steyl (geskiedenis), Runé Paxton (wiskunde geletterdheid) en Stephan de Lange (lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en wiskunde).
Die toppresteerders in elke graad is ook aangewys. Hulle is Diana van Niekerk (graad 11), Leana Swarts (graad 10), Tanya Kruger (graad 9) en Izelna Venter (graad 8). Zydra Hattingh het met die trofee as belowendste onderwyskandidaat weggestap.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Alida du Preez in die beste leerder in lewensoriëntering.

Die beste leerder in besigheidstudies is Ané Beukes.

Arina Hattingh met die trofee as beste leerder in gasvryheidstudies.

Bart Oerlemans as beste rekeningkunde-leerder.

Carmen Pratt is die topleerder in Afrikaans letterkunde.

Jahnco Steyn is die topleerder in rekenaartoepassingstegnologie.

Juané Vorster is as beste leerder in Afrikaans stelwerk aangewys.

Kayla Krause blink uit in Engels, ekonomie en gevorderde wiskunde.

Die beste leerder in ingenieursgrafika en ontwerp is Magderie Smit.

Mia Schulenburg is die beste in Afrikaans.

Die top geskiedenis-leerder is Mika Steyl.

Runé Paxton is die beste in wiskunde geletterdheid.

Stephan de Lange lewer die beste prestasie in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en wiskunde.

Die beste leerder in geografie is David Robbinson.

Diana van Niekerk is die beste leerder in graad 11.

Beste leerder is graad 10 is Leana Swarts.

Tanya Kruger is die graad 9-wenner.

Die beste leerder in graad 8 is Izelna Venter.