full screen background image
Pieter-Jan Gouws verwerf nege onderskeidings. (Foto’s: Verskaf)

Pieties trots op 324 onderskeidings vir klas van 2018

420

Die 251 matriekleerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat verlede jaar die eindeksamen afgelê het, het ‘n 98,8% slaagsyfer behaal en 324 onderskeidings ingepalm.
Die groep spog verder met 89,9% van die matrieks wat met vrystelling tot graadstudies en 8,9% wat vir diplomastudies geslaag het.
Pieties se topleerder, Pieter-Jan Gouws het nege onderskeidings behaal gevolg deur Jena Taylor en JP Viljoen wat elk met agt A-simbole op hul rapporte spog.
Marlise Geddes, Marie Geerkens, Marnu Pelser en Megan van Rensburg verwerf sewe onderskeidings terwyl Gillian Alsemgeest, Shané Anders, Eljani du Plessis, Nicola du Plessis en Kailan Ferreira elk met ses onderskeidings slaag.
Ander onderskeidings behels:
Vyf onderskeidings
Nicola Basson en Lizé van Straaten.
Vier onderskeidings
Melissa Beeslaar, Danielle Beukes, Janus Haasbroek, Elna Davel, Arina van der Goot, Zani Steyn, Danica Ray, Tamrin van der Vyver, Lisa Herholdt, Yoraldé van Staden, Ina Kotze en Karlien Baker.
Drie onderskeidings
Carli Malan, Thabo Ramothopo, Kamagelo Shokane, Surina van Zyl, Jean-Mari Mostert, Jonett Olivier, Luzanne Helm, GW Badenhorst, Adelaide Sekele, Danielle Ray, Chanté van Staden, Stefan Fourie, Chené van der Merwe, Glen Groenewald en Anandré Brits.
‘n Verdere 35 leerders het elk twee onderskeidings behaal terwyl 65 leerders een A-simbool verwerf het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Jena Taylor palm agt onderskeidings in.

JP Viljoen palm agt onderskeidings in.

Marlise Geddes verwerf sewe onderskeidings.

Marie Geerkens verwerf sewe onderskeidings.

Marnu Pelser verwerf sewe onderskeidings.

Megan van Rensburg verwerf sewe onderskeidings.