full screen background image
Voor is PHS se eerstekrieketspan met die Old Boys agter was Saterdag swaarde gekruis het.

Pieties laat Old Boys sweet bloed op krieketveld

217

Die skolekrieketliga staan einde se kant toe met die provinsiale finaal wat reeds die naweek op Hoërskool Pietersburg se velde beslis word wanneer hulle eer­ste- en o.15A-span onderskeidelik teen Hoërskool Merensky en Hoërskool Ben Vorster sal kragte meet.
PHS se eerstespan het Saterdag aan toeskouers ‘n voorsmakie gegee van wat op Merensky wag nadat hulle die Old Boys, ‘n oud-Pietiespan, ore aangesit het.
Krieketorganiseerder, Linki Roodt, sê die vriendskaplike wedstryd se hoofdoel was om die bestaande gemotiveerde gees onder spelers vir die finaal aan te wakker. “Dit was die ideale geleentheid vir die eerste­span om voor te berei, maar om ook te sien dat die oud-Pieties steeds goeie krieket kan speel. Sommige van die Old Boys speel ook klubkrieket en ons hoop dit sal leerders aanmoedig om nie hul krieketdrome na skool te laat vaar nie.”
Die Old Boys het eerste gekolf en 425 lopies, almal uit, in 48 beurte aangeteken. Andrew Galloway (57), Adolf Swanepoel (43), Theo Jansen van Rensburg (36), Anthony Jones (99) en Bradley Pieterse (57) was uitblinkers en het ‘n groot bydrae tot die telling gelewer.
PHS se eerstespanspelers, Ivan Reynecke (22), Wian Kruger (66), Bart Oerlemans (38), Tiaan Enslin (31), Glen Groene­wald (160) en LJ Fick (70) het dit vir die Old Boys-boulers moeilik gemaak om paaltjies te laat kantel wat tot ‘n sege van vier paaltjies in Pieties se sak gelei het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Old Boys se Anthony Jones wat in 2005 aan PHS gematrikuleer het en tans die eerstespan afrig.