full screen background image
Bo: Jandré van der Heyde, o.14A, soek ‘n gaping. Regs bo: Anneli Roos en Monnas meet mekaar. Regs onder: Deon Kriel, o.15A pak ‘n opponent.

Pieties kry swaar onder Monnas in tweede ronde van Tuks Skolereeks

384

Die rugby- en netbalspanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) het aan die kortste end getrek tydens die tweede ronde van die jaarlikse Tuks Skolereeks teen Hoërskool Monument wat onlangs op Pieties se velde aangebied is. Die hokkiespanne het beter gevaar met agt van Monnas se spanne wat geen doele kon aanteken nie. Die hokkieseuns en -meisies wen nege van die elf wedstryde en speel een gelykop. Die o.15B-meisies en o.14- en o.16-seuns slaag met wegholseges van 8-0, 8-0 en 6-0 onderskeidelik. Op die netbalbaan het die meisies in sewe van die nege wedstryde gesneuwel met slegs die o.17A- en o.14B-span wat kon wen.
Op die rugbyveld was dit nag vir die Pieties met geen span wat daarin kon slaag om Monnas ore aan te sit nie. Vyf van die tien spanne moes met geen punte tevrede wees terwyl die eerstespan ‘n harde les met ‘n 13-85 loesing geleer het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Volledige uitslae van die tweede ronde in jaarlikse Tuks Skolereeks teen Hoërskool Monument. PHS se telling verskyn eerste.

Rugby

o.14A 0-29
o.14B 0-32
o.14C 7-39
o.15A 12-33
o.15B 0-31
o.16A 5-22
o.16B 0-46
Derdespan 0-91
Tweedespan 0-40
Eerstespan 13-85

Hokkie

Meisies
o.14A 2-0
o.14B 3-0
o.15A 1-2
o.15B 8-0
o.16A 2-0
o.16B 4-0
Tweedespan 4-0
Eerstespan 1-1

Seuns
o.14 8-0
o.16 6-0
Eerstespan 2-1

Netbal

o.14A 6-14
o.14B 22-14
o.15A 7-27
o.15B 12-27
o.16A 13-29
o.16B 3-26
o.17A 21-15
Tweedespan 12-13
Eerstespan 18-27

Deon Kriel, o.15A pak ‘n opponent.

Die o.15-speler, Keano Castelyn probeer sy opponent vermy.

Danel van Wyk, o.15, verdedig vir ‘n vale.

Anneli Roos en Monnas meet mekaar.

Die o.16-speler, Duané van der Merwe.

Lara Oosthuizen, tweedespan speel die bal langs die kantlyn af.