full screen background image

Pieties kry oorhand teen Groblersdal

682

Drie uit die vier hokkiespanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat verlede Woensdag teen Groblersdal Tegniese Kollege kragte gemeet het, het hul wedstryde gewen.
Slegs PHS se o.15-span kon nie die mas opkom nie en moes met ‘n 0-5 loesing tevrede wees.

PHS se o.14-span het na ‘n harde wedstryd met 1-0 geseëvier. Die o.16-span het in hul voetspore gevolg en Groblersdal met 2-0 geklop terwyl die eerstespan hul stemme goed dik gemaak het met ‘n 4-0 oorwinning.