full screen background image
Marcelle de Villiers, o.15A, sit hom teë.

Pieties junior rugbyspanne blink uit in Virseker Bekerreeks

444

Die jaarlikse Virseker Bekerreeks-wedstryde word deur uithalerskolerugby gekenmerk.
Saterdag se kragmeting tussen Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen was ook ‘n hittige stryd.
Pieties se junior spanne het hul goed van hul taak gekwyt­ toe die o.15A- en B-span onderskeide­lik 24-12 en 22-7 geseëvier het en die enigste spanne is wat Saterdag in die semifinaal teen Hoërskool Middelburg speel.
Die o.14A-span van PHS het ‘n allemintige loesing van 5-38 op die hals gehaal.
Die tweedespan het hard probeer, maar kon in ‘n taai wedstryd slegs 10 punte teenoor Vossies se 13 punte aanteken. Die eerstespan het ‘n goeie vertoning gelewer, maar Ben Vorster was te sterk en PHS het met 15-21 op hul baadjie gegee.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eerste­spanspeler, Taylor du Plessis, met ‘n stormlopie.

Luca Ferreira van PHS se o.15A-span probeer ‘n verdediger afskud.

Roy Stewart van Pieties se eerstespan word platgetrek.

JC de Beer van PHS se eerstespan probeer sy opponent ontwyk.

Pieties se o.15A-spanspeler, Alexander Hartslief.