full screen background image

PHS, Suidskool is Kia Bosveld rugbykampioenne

1095

Verlede Woensdag is die finaal van die vyfde Kia Bosveld Rugbyfees op Hoërskool Pietersburg (PHS) se veld aangebied met die gasheerskool en Pietersburg Laerskool (PLS) wat as wenners uit die drie weke lange stryd getree het.
Verlede jaar het Laerskool Pietersburg-Oos met die trofee weggestap, maar hulle moes dit vanjaar aan PLS afstaan nadat PLS die Osies met 12-0 geklop het.
Laerskool Pietersburg-Noord Primary het derde geëindig na hul oorwinning van 27-0 oor Laerskool Krugerpark.
PHS en Hoërskool Hans Strijdom het in ‘n harde wedstryd om die Kia-trofee kragte gemeet, maar die Pieties het vinnig gewys wie baas is met ‘n 75-29 oorwinning. PHS was ook verlede jaar se kampioenne.
PHS se Barbarians het die derde plek tydens die fees verower nadat hulle met 42-0 teen Hoërskool Louis Trichardt geseëvier het.
Hoërskool Frikkie Meyer en Hoërskool Frans du Toit het vir die vyfde en sesde plek uitgespeel. Die Frikkies klop die Fransies met 45-21 terwyl Hoërskool Merensky met 29 punte teenoor Hoërskool Nylstroom se 16 die sewende en agste plek onderskeidelik ingeneem het. Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (64) het in die negende plek na hul wedstryd teen die Rangers (0) geëindig.
PLS se Tiaan van Heerden is as skopper en speler van die toernooi aangewys terwyl Noordskool se Lunghile Hlengane as top driedrukker in die laerskole-afdeling aangewys is.
JV Coertze van PHS het die toekennings as top driedrukker en speler van die toernooi in die hoërskole-afdeling ontvang, terwyl Morné Venter as topskopper aangewys is.
PHS se skoolhoof, Willie Schoeman sê die skool kan met tevredenheid terugkyk op ‘n suksesvolle rugbyseisoen.
“As ek terugdink aan waar ons vyf jaar gelede was, is dit met groot dankbaarheid dat ek elke afrigter, speler en ouer bedank. Ons is baie opgewonde oor volgende jaar se rugbyseisoen,” sê hy.
Hy het ook vir Kia Polokwane-handelaarshoof, Mark Vermaak vir sy bydrae tot die fees bedank.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Dirkco van Tonder van Oosskool maak gereed vir impak.

Dirkco van Tonder van Oosskool maak gereed vir impak.

Foto’s: RC Myburgh  Tiaan van Heerden van Suidskool ontduik ‘n opponent se duikslag. Hy is as skopper en speler van die toernooi aangewys.

Foto’s: RC Myburgh
Tiaan van Heerden van Suidskool ontduik ‘n opponent se duikslag. Hy is as skopper en speler van die toernooi aangewys.

Prince Molea van Tommies laat waai met die bal onder sy arm.

Prince Molea van Tommies laat waai met die bal onder sy arm.