full screen background image
Leerders van PHS wat in ruiterkuns sowel as uithouritte presteer het, is Anell Bezuidenhout, Bianke Venter, Rochell Meyer, Theresa van Staden en Keri-Leigh Wood. Agter is Celine de Bruyn, Leoné Lotter, Lenice Fulcher en Elri Botha. Rumé Erasmus, Abigail de Jager en Belinda Verster was afwesig.

PHS-perderuiters blink uit by toernooi

443

Perderuiters van Hoërskool Pietersburg (PHS) het tydens die onlangse BB Motorgroup Blouberg Show Jumping Cup wat by Blouberg Ryskool in Vivo aangebied is, verskeie medaljes ingepalm.
Die twaalf leerders het altesaam 27 medaljes waarvan tien goud, vier silwer en 13 brons is, verower.
Uitgeblinkers is Celine de Bruyn wat twee goue medaljes in 80 cm- en 1 meter showjumping-afdeling gewen het, Rochelle Meyer het medaljes in vyf afdelings gewen en Keri-Leigh Wood het drie medaljes vir Western Mounted Games verower en ‘n tweede plek as algehele reserwekampioen in dié afdeling behaal.
Anell Bezuidenhout het tydens die Loskop Vallei Uithourit ‘n algehele vierde plek in die ju­nior kategorie verower terwyl haar perd as beste voorbereide perd van die dag aangewys is.

Story en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com