full screen background image

PHS-leerder kritiek nadat bakkie omslaan

636

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die Toyota bakkie waarmee Dian Basson gery het toe dit etlike kilometer van sy ouerhuis naby Munnik omgeslaan het.

Die Toyota bakkie waarmee Dian Basson gery het toe dit etlike kilometer van sy ouerhuis naby Munnik omgeslaan het.

‘n Graad 11-leerder van PHS, Dian Basson (17) is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in Mediclinic Limpopo se intensiewe sorgeenheid na ‘n ongeluk op die Modjadjiskloofpad toe die bakkie waarmee hy gery het, Maandagmiddag omgeslaan het.
Die tweedespan-rugbyspeler se ma, Jeanette het gisteroggend (Woensdag) gesê Dian is steeds aan lewensondersteunende masjiene gekoppel, maar dokters is tevrede met sy toestand en herstelproses.
“Dian het sy regterarm en beide hande gebreek. Die breuk aan sy regterarm sal met ‘n operasie herstel moet word. Sy een long is ook beseer en na ‘n breinskandering Dinsdag gedoen is, het dokters bloeding op sy brein bevestig. Dokters is nie bekommerd oor die breinbloeding nie en ‘n volgende skandering sal na 72 uur gedoen word.”
Sy sê die ongeluk het nie ver van hul huis naby Munnik gebeur nie en Dian, wat alleen in die bakkie was, het vermoedelik vir iets in die pad uitgeswaai waarna hy glo beheer oor die bakkie verloor het en die voertuig omgeslaan het.
“Hy was op pad huis toe, toe die ongeluk gebeur het,” sê Basson.
Dian se toestand moet eers baie verbeter en hy moet by sy volle bewussyn wees voordat dokters sy arm kan opereer.
Pietie-hoof, Willie Schoeman het sedert die ongeluk die Basson-gesin gereeld by die hospitaal besoek.
“Dit is altyd hartseer en swaar om te staan en toekyk as ‘n leerder in soveel pyn moet lê. Ons dra Dian en sy gesin in ons gebede op en hoop op ‘n vinnige herstel,” sê Schoeman.
Alhoewel Dian, wat slegs ‘n leerlingbe-
stuurslisensie het, die res van die eksamen gaan mis, sal PHS se onderwysers hom help om sy skoolwerk vinnig in te haal.