full screen background image
Louis Nel van die eerste hokkiespan speel die bal doelkas toe.

PHS in eerste ronde van Tuks Skolereeks

198

Die pawiljoene was Saterdag by Hoërskool Pie­tersburg (PHS) met toeskouers gepak wat die eerste ronde van die jaarlikse Tuks Skolereeks teen Hoërskool Eldoraigne ondersteun het.
Met die wintersportseisoen wat nou in volle swang is, het gesonde sportmangees die kragmeting op die rugby- en hokkieveld sowel as die netbalbaan gekenmerk.
‘n Totaal van 34 wedstryde is gespeel waarvan die Pieties 17 gewen, 12 verloor en vier gelykop gespeel het. Die eerste seuns- en meisiehokkiespan het beide met 3-1 geseëvier met die o.14A-meisies het ‘n uitnemende sewe doele teenoor Eldoraigne se nul aangeteken.
Op die netbalbaan het die meisies vyf wedstryde verloor en sewe gewen met die eerstespan wat die aftog met ‘n eindtelling van 13-34 moes blaas. Die eerste rugbyspan het ook teleurgestel met ‘n 10-26 loesing terwyl die o.14A- en -B- en 16A-met wegholseges van 55-0, 43-0 en 58-0 gespog het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die uitslae van die eerste ronde in die Tuks Skolereeks wat Hoërskool Pietersburg (PHS) teen Hoërskool Eldoreigne gespeel het. PHS se telling word eerste aangedui.

Hokkie

Seuns
o.14                 1-1
o.15                 1-2
o.16                 1-1
Tweedespan    0-1
Eerstespan       3-1

Meisies
o.14A              7-0
o.14B              2-1
o.15A              2-0
o.15B              2-2
o.16A              3-0
o.16B              2-1
Tweedespan    3-0
Eerstespan       3-1

Netbal
o.14A              14-16
o.14B              18-11
o.14C              16-2
o.15A              11-28
o.15B              7-37
o.15C              10-13
o.16A              18-31
o.16B              9-21
o.17A              15-19
o.17B              24-4
Tweedespan    17-9
Eerstespan       13-34

Rugby
o.14A              55-0
o.14B              43-0
o.15A              10-29
o.15B              3-10
o.16A              58-0
o.16B              12-7
Derdespan       5-26
Tweedespan    17-17
Eerstespan       10-26

Monique Lange, o.14-hokkie­speler van PHS speel kookwaterhokkie. Die span het hul opponente met 7-0 oorrompel.

Gerhard Venter van die o.16A-span duik oor die doellyn.

Christian Vercuil, o.14A, takseer sy opponent.

Schalk Potgieter, eerste­span wen die bal in die lynstaan.

Eerste netbalspanspeler, Simoné Landsberg.

Zaria van Wyk van die eerste netbalspan op die verdediging.

Eerstespanspeler, Chris van Wyk maak gereed om sy opponent af te stamp.

Sias Willemse, eerstespan gooi die bal by die lynstaan in.

Die o.16A-speler, Brandon Cronjé baan sy weg kantlyn af.

Heno Chalmers, o.16A bring sy opponent grond toe.

Daniel Swarts van die eerste hokkiespan moker die bal doelkas toe.

Zander de Ridder, o.16A, skop pale toe.