full screen background image
Polisie op die toneel in Landdros Maréstraat waar Pep Home vroeër beroof is.

Pep Home in middestad beroof

378

Landdros Maréstraat was vroeër vanoggend (Donderdag) tussen Jorissen- en Groblerstraat vir verkeer gesluit terwyl die polisie met ‘n ondersoek na ‘n voorval van gewapende rooftog by Pep Home besig was.
Die voorval het net na 10:00 gebeur. ‘n Straatverkoper het op die toneel het vertel hy het gesien hoe ‘n man wat glo ‘n vuurwapen by hom gehad het, die winkel ingestap het, maar is nie seker hoeveel verdagtes betrokke was nie.
Die ingangsdeure was na die voorval toegetrek terwyl die polisie met werknemers in die winkel gesels het.
‘n Werknemer van Pep Stores se streekskantoor het die voorval bevestig, maar kon nie verdere inigting verskaf nie.
Woordvoerders vir die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

 

Storie: RC Myburgh  >>rc.observer@gmail.com / BARRY VILJOEN   >>barryv.observer@gmail.com

‘n Polisiebeampte roep oor die radio binne in Pep Home.