full screen background image

Osie-personeel spog met toneelspeltalent

196

Die personeel van Laerskool Pietersburg-Oos het die gehoor se maagspiere Dindag behoorlik laat oefen tydens hul jaarlikse toneelopvoering in die skoolsaal.
Die skreeusnaakse toneelstuk genaamd ‘Die ander kant van Skrik’, het karakters van verskeie films en feëverhale soos Shrek, Rooikappie, die Drie Beertjies, Liewe Heksie, die Teletubbies en Pinochio ingesluit.
Skrik, vertolk deur James Steele, was die hoofkarakter en koning van ‘n denkbeeldige koninkryk wat aan die begin van die opvoering op wittebrood saam sy vrou, Vlooitjie, vertolk deur Sonja Steele, is. Tydens hul afwesigheid het Skrik se jare lange vriend, Aas-jas, vertolk deur Chris Smit, koninklike voordele sonder Skrik se medewete geniet. Terselfdertyd het die koning van ‘n buurkoninkryk, Koning Roseduwwel, PJ Strydom, probeer om van Skrik se onderdane te oortuig om na sy koninkryk oor te loop.
Vogens Gideon Pelzer, skoolhoof, was die opvoering ‘n reuse sukses en het die gehoor hul gate uit geniet. “Die personeel het hegte bande tydens die voorbereiding, oefe­ning en opvoering van die toneelspel gesmee,” sê hy.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

 

Hoofkarakters Vlooitjie, vertolk deur Sonja Steele, en Skrik, James Steele, deel ‘n grap met die gehoor.

Wolf, Eddie Human, en Aas-jas, Chris Smit, beplan om die koninkryk oor te neem.

Liewe Heksie, Sammy Vorster, maak alweer ‘n fout terwyl Mattewis, Pedro van Rensburg, moedeloos moet toekyk.

Die drie varkies, Corrie Groenenberg, Charmé Steyn en Alta Gouws, bespreek die ander karakters in die storie.

Pienokhijou, Zander Human, Rumponsie, Rika Fuchs en Hompie Kedompie, Micke Crouwkamp, geniet verversings by Rumponsie se kroeg.

Ouma, Nora Kohl, word deur Koning Roseduffel, PJ Strydom, begelei.