full screen background image

Oproep om hulp van gemeenskap vir shelter se nuwe perseel

292

Die bestuur van Myngenoegen Shelter het ‘n nuwe perseel bekom en sien uit na ‘n nuwe hoofstuk in hul bestaan waar haweloses ‘n veilige heenkome kan vind.
“Ons trek na hoewe 32, Leeukuil op die Percy Fyfe-pad waar tans ‘n huis met woonstel is. Daar is egter groot werk wat voorlê, veral met die trekkery. Ons beoog om vanaf 20 Februarie te begin oorskuif en het baie hulp nodig,” sê Christa van Tonder, mededirekteur en sekretaresse.
Vyf Wendyhuise, twee skeepsvraghouers, twee karavane, beddens, kaste, meubels en losgoed moet verskuif word.
“Indien gemeenskapslede nog karavane en Wendyhuise skenk, kan meer mense gehuis­ves word,” sê Van Tonder.
Die voorsitter van die shelterbestuur, Charles van Wyk het gister (Woensdag) aan Polokwane Observer gesê dat hulle tans in gesprek met die onderskeie Rotariërklubs in Polokwane en Vision of Hope is oor die moontlike aankoop van ‘n gemeenskaplike eiendom wat in ‘n trust geplaas sal word waar al die shelters in die stad moontlik in die toekoms op een perseel geakkommodeer kan word.
Richard Wilson van Rotariërs Pietersburg 100 het die verwikkelinge bevestig en gemeld dat die gedagte groot ondersteuning van die sakegemeenskap geniet.
Die onveranderde bankbesonderhede is as volg:
Myngenoegen Shelter
Absa Spaarrekening
Takkode : 6 32005
Rekeningnommer : 927 566 7290
Van Tonder kan by 083 302 4313 geskakel word vir hulp, skenkings of navrae.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com