full screen background image
Laerskool Pietersburg-Oos se eerste graad 7-klas van 1972. (foto's verskaf)

Oosskool se storie – van toeka tot nou

371

Op 12 Januarie 1972 is Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se deure geopen.
Die skool was oorspronklik gebou vir 250 leerders en het net tien klaskamers gehad, maar so gebou dat dit gemaklik vergroot kan word.
Die spogskool bestaan vandag uit 47 klasse, 1 288 leerders en sowat 60 perso­neellede.
‘n Fotobeeld wys hoe die skool oor 45 jaar gegroei het en vandag byna uit sy nate bars.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Een van die eerste twee graad 1-klasse met leerders wat gretig in 1972 by die skool aangesluit het.

Vir groter spasie in klaskamers word tasse netjies op die stoepe gepak.

Oosskool se terrein is goed beplan en ontwikkel met puik sportgeriewe en genoeg parkeerplek. Foto: RC MYBURGH

Oosskool se eerste netbalspan van 1972.

Die skool se pragtige gevestigde tuine.

Uitgrawings begin in 1982 vir die swembad.

Die hoofgebou het aanvanklik uit slegs tien klaskamers bestaan. Tans is daar sowat 25 klaskamers.

Osies se atletiekspan van 1972.

Oosskool se slagspreuk, Een maal ‘n Osie altyd ‘n Osie pryk teen die muur van die administratiewe kantore.

Die eerste eerste rugbyspan in Oosskool se stigtingsjaar.

Die pawiljoen word op 19 Mei 1979 in gebruik geneem.

In 2000 open die destydse hoof, Dawid Oelofse Osieteddies Klein­kindontwikkelingsentrum.

Oosskool het met 12 personeellede insluitend die skoolhoof, Rol du Preez begin.

Oosskool se onderwysers en administratiewe personeel in 2015.