full screen background image
Die Volvo-sedan wat Woensdagmiddag in die aansluiting van Landdros Maré en Veldspaatstrate teen ‘n Tata-vragmotor gebots het.

Ongeluk by besige aansluiting belemmer verkeersvloei

386

Verkeer in Landdros Maréstraat by die aansluiting met Veldspaatstraat in Magna Via het gistermiddag (Woensdag) tot stilstand gekom nadat ‘n Volvo-sedan en ‘n Tata-vragmotor in ‘n botsing betrokke was.
Die Volvo het ná die botsing op sy dak in die middel van die aansluiting tot stilstand gekom en is later deur ‘n wegsleepvoertuig verwyder.
Die bestuurder van die vragmotor was nie beskikbaar nie en die bestuurder van die Volvo was nie bereid om Polokwane Observer te woord te staan nie.
Die Volvo se lugsakke het ontplooi en niemand is in die ongeluk beseer nie.

 

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Die vragmotor wat in die ongeluk betrokke was, is lig beskadig.

‘n Wegsleepvoertuig besig om die Volvo weer op sy wiele te kry.

‘n Volvo lê op sy dak direk na die ongeluk.
(Foto: Verskaf)