full screen background image
Skoolhoof, Monica Strauss, en kleuters geniet die besoek van Stephen Taylor in sy olifantkostuum.

Olifant deel eetgoed uit

700

Die rustigheid by Werk en Wen Pre-primêre Skool is Vrydagoggend verbreek toe Stephen Taylor, een van die ouers, ‘n groepie kleuters wat nog nie met vakansie vertrek het nie in ‘n olifantkostuum by die skool verras het.
Koekies en skyfies is uitgedeel en die kleuters het grootoog nadergestaan om te sien hoe die dapperstes Taylor se hand skud.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Kleuters verwonder hulle aan die pratende olifant.