full screen background image

Nuutste tegnieke en beste produkte by Rénové-haarsalon

912

By Rénové is ons ‘n jong innoverende span wat uit ons pad gaan om ons kliënte gelukkig te hou deur net die beste haarprodukte te gebruik en die nuuste tegnieke toe te pas.
Dit is vir ons belangrik om na elke kliënt se behoeftes te luister voordat ons besluit hoe ons hom of haar 100% tevrede gaan stel.
Ons missie is om al ons kliënte goed oor hulself te laat voel. Nuwe kliënte kan met ‘n geruste hart by ons deure instap en weet dat dit nie nodig sal wees om in die toekoms enige ander salon te besoek nie.
Wat ons uniek maak, is dat ons kliënte nie net hul hare laat stileer nie, maar hulself ook kan bederf deur van die uitstekende diens wat die skoonheidsalon bied, gebruik te maak. Rénové is jou eenstop-mooimaaksalon vir vrouens, mans en kinders van alle ouder-domme. ‘n Groot verskeidenheid professionele haarprodukte onder andere Redken, Schwartzkopf, Goldwell, GHD, Paul Mitchell en Icon is by Rénové beskikbaar.
Besoek Rénové by Winkel 18, Platinumpark, Bendor of kontak Lezanne by 082 443 1289 en Lilani by 072 373 4406.