full screen background image
Noordelikes-pre­sident, Tony Varela saam met Derde­spanvoorspeler van die Jaar, Tony de Costa.

Noordelikes wys top spelers aan

150

Goldwagen Noordelikes het Saterdag die jaar met ‘n prysuitdeling afgesluit waarin spelers, ondersteuners en bestuurslede vir hul harde werk en toewyding vereer is.
As deel daarvan het Noordelikes se ou- en jongmanne mekaar verlede Vrydagaand in ‘n wedstryd aangedurf waartydens die oumanne hul stemme dik gemaak en met 35-7 die jonges op hul plek gesit het.
Tydens die prysuitdeling het voorsitter, Shaun van der Merwe, gesê die klub het ‘n moeilike jaar agter die rug en dat dit nie altyd op die veld so goed gegaan het as wat hulle gehoop het nie. “Ons is egter bevoorreg om spe­lers te hê wat getrou vir oefeninge en wedstryde opdaag en alles binne hul vermoë doen om rugby te bevorder. Vanjaar was ‘n nuwe begin met baie jong spelers waarmee ons nou ‘n wenspan begin bou.”
Hoofafrigter, Frederik Romijn, het gesê Noordelikes het die Boet Fickliga al agt jaar gewen, spog met lede wat al langer as 10 jaar op die bestuur dien en het met elke wedstryd drie vol spanne op die veld gestuur.
“Geen ander klub in die provinsie kan dieselfde sê nie en daarom in Noordelikes ‘n klub met ‘n blink toekoms en groot planne vir 2018.”
Toekennings is aan die volgende lede gemaak: Barend Jacobs, Derdespanagterspeler van die Jaar, Tony de Costa, Derdespanvoorspeler van die Jaar, Jason Pretorius, Tweedespanagterspeler van die Jaar, Tertius du Plessis, Tweedespanvoorspeler van die Jaar, Brandon Lehmann, Eerstespanagterspeler van die Jaar, Shane Minnie, Eerstespanvoorspeler van die Jaar, Carel du Preez, Klubman van die Jaar, Sias van Wyk, Dropper van die Jaar, Ludick Mashele, beste vordering, JD van Heerden, toegewydste speler, Zander Byle­veldt, Puntemaker van die Jaar, Danie Jacobs, Ondersteuner van die Jaar, Theuns Duvenhage, beste administrateur, Brandon Ramatsoma, aanskoulikste drie, Shakes Lidiga, Spelers se Speler van die Jaar, Shaun van der Merwe, Bestuurslid van die Jaar, Theyman Jongbloed, toegewyde diens, JG Swanepoel, junior Speler van die Jaar, Zimba Mamese, senior Speler van die Jaar, en Juan Vos, Speler van die Jaar.
Die derdespan is ook as Span van die Jaar aangewys. Noordelikes het reeds Maan­dag vir die volgende seisoen begin oefen en belangstellendes kan Romijn by 079 984 0076 skakel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Carel du Preez, Klubman van die Jaar.

Noordelikes-voorsitter, Shaun van der Merwe saam met Administrateur van die Jaar, Theuns Duvenhage.

Noordelikes visepresident, Osie Oosthuizen saam met die Toegewydste Speler van die Jaar, JD van Heerden.

Noordelikes visie-president, Osie Oosthuizen oorhandig die trofee as Puntemaker van die Jaar aan Zander Byleveldt.

Noordelikes-president, Tony Varela saam met Theyman Jongbloed vir sy toegewyde diens aan die klub.

Noordelikes-voorsitter saam met Brandon Ramatsoma wat vereer is vir sy aanskoulikste drie van die seisoen.

Noordelikes visie-president, Osie Oosthuizen oorhandig aan voorsitter, Shaun van der Merwe die trofee as Bestuurslid van die Jaar.