full screen background image
Noordelikes se agtsteman, Koning Janse van Rensburg trek ‘n Univenspeler plat.

Noordelikes se wegholsege

167

Goldwagen Noordelikes se eerstespan het Saterdag tydens die derde ronde van die Boet Fickliga die rugbyspan van Universiteit van Venda se tjank behoorlik met ‘n 126-0 afgetrap.
Die rooi masjien het hul tuisveld tot hul voordeel gebruik en spelers was telkens agter die pale om die telling op te stoot. Dit was veral in die tweede helfte van die wedstryd wat Univen se spelers begin moeg raak het en dit vir Noordelikes maklik gemaak vir eenrigtingverkeer.
Noordelikes speel Saterdag teen die Universiteit van Limpopo op hul veld in Turfloop.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Zander Byleveldt skop pale toe.

Jan Ramotsha van Noordelikes wen veld.

Sias van Wyk kuier agter die pale.

Noordelikes se Sheldon Turner breek deur die opposisie se verdediging terwyl die kaptein, Mynhardt Smith ondersteun.