full screen background image
Een persoon is gisteraand dood nadat hy naby die Capricorn Toll Plaza agter in ‘n bakkie vasgery het.

Nóg drie op Limpopo-paaie dood

390

Drie mense is gister (Woensdag) in twee afsonderlike ongelukke op die provinsie se paaie dood.
Op die Mogwadipad buite Polokwane was drie motors in ‘n ongeluk betrokke wat tot die dood van twee mense gelei het en waaarin een ernstig beseer is. Volgens inligting het twee motors trompop gebots waarna ‘n derde motor sywaarts getref is.
Een persoon is gisteraand naby die Capricorn Toll Plaza dood hy van agter teen ‘n bakkie gebots het.
Beide voorvalle word aan spoed asook roekelose en nalatige bestuur toegeskryf.
Vanoggend (Donderdag) was ‘n bakkie met sleepwa en motor in ‘n ongeluk op Ysterberg terwyl ‘n vragmotor wat tamaties vervoer het by Chuenespoort omgeslaan het.
‘n Bus het ook vanoggend op die N1 oor die Soutpansberg die padoppervlak verlaat en bo-op ‘n rotsbank tot stilstand gekom. Geen beserings kon bevestig word nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Vragmotor met tamaties het by Chuenespoort omgeslaan.

‘n Bus het op ‘n rotsbank tot stilstand gekom nadat dit die padoppervlak op Soutpansberg verlaat het.