full screen background image
Hanja en Jaco Putter, een van die pastoriepare van die NG Kerk Pietersburg-Noord, geniet ‘n blaaskansie by die basaar.

NG Noord se basaar weer ‘n hoogtepunt, goed ondersteun

418

Die NG Kerk Pietersburg-Noord se jaarlikse basaar wat Saterdagoggend op die kerkterrein aangebied is, het weer eens nie teleur­gestel nie en ‘n geleentheid vir gemeentelede gebied om hartlik saam te werk en gesellig te verkeer.
Kopers wat wou sekermaak dat hulle ‘n voorraad van die spesiale bees- en wildswors kry, het reeds vroegoggend hul plekke in die ry ingeneem om te wag vir die slaghuis wat om 08:00 geopen het. Ander het hul dag begin met ‘n boere-ontbyt wat ook al ‘n instelling by die basaar geword het en het daarna die stalletjies waar pannekoek en kerrie-en-rys die gunsteling was, ondersteun.
Die stalletjies met vars groente en vrugte en plante wat teen winskooppryse aangebied is, het ook fluks besigheid gedoen en ‘n helper was met ‘n kruiwa byderhand om die aankope na die parkeerterrein te neem.
Plaaslike sanger Max Meyer het musiek en vermaak verskaf en daar was genoeg speletjies om te verseker dat kinders ook die basaar geniet.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Amanda van der Lith, Anél Vorster, Amanda Meester en Anita van der Lith werk hard om genoeg boepensbroodjies vir hongerige basaargangers te voorsien.

Karen van Eeden en Corlia Geldenhuys geniet pannekoek en koffie.