full screen background image
Michelle Fourie in aksie tydens die toernooi wat Saterdag in die stad aangebied is. (foto's: Thinus du Toit)

Muurbalklub hou jaarlikse dubbelstoernooi

133

Polokwane Muurbalklub het Saterdag hul jaarlikse dubbelstoernooi aangebied met spe­lers van so ver as Louis Trichardt, Modimolle, Mokopane en Tzaneen wat deelgeneem het.
Spelers het dit in mans- en gemengde pare uitgespook en Polokwane Muurbalklub het die oorhand oor die res van die spanne gekry met Pieter Grobler en Wimpie Jansen van Rensburg wat eerste geëindig het gevolg deur Charl van der Merwe en Pieter Veldman as naaswenners.
Johan Bouwer van Polokwane Muurbalklub sê hulle poog om die klub weer op dreef te kry en nooi belangstellendes om vir Robby Vilar by 082 883 2255 te skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com