full screen background image

Motorskou – oud en nuut by Mall of the North te sien

429

RC Myburgh

Die tweede World of Wheels-skou het Maandag by Mall of the North (MoN) afgeskop met van die nuutste en mees luukse modelle op die mark wat in die sentrum uitgestal word.
Besoekers aan die sentrum kan handelsmerke bekend vir die vervaardiging van luukse voertuie soos BMW, Mercedes-Benz, Volvo, Audi, Volkswagen, Lexus en verskeie ander van die BB Groep besigtig.
Die hoogtepunt van die skou begin Vrydag wanneer meer as 200 veteraanmotors tot Sondag in die parkeerarea uitgestal gaan word. MoN bied dié motorskou in samewerking met Limpopo Classic Car Club aan.
Saterdag word ‘n veiling gehou om van die klassieke motors van die hand te sit. Enigiemand wat sy motor wil verkoop, kan R500 betaal en sy voertuig sal op die veiling verkoop word. Organiseerder, Dirk de Klerk sê die skou is ideaal vir ‘n bietjie bederf op Vadersdag omdat baie pa’s kosbare herinneringe van die ou motors kan koester.
“Ons poog ook om jong mense te lok wat tot ‘n goeie vergelyk kan kom met toeka se motors en dié van nou. Veteraan-motors soos Peugeot, Jaguar en Aston Martin is slegs ‘n paar van die handelsmerke wat deur eienaars van regoor die provinsie uitgestal sal word,” sê De Klerk.
‘n Biertent is ook beskikbaar en sekere restaurante van MoN sal kos te koop aanbied.
Vir meer inligting skakel MoN-bemarkingsbestuurder, Rene van der Merwe by 082 300 7620 of De Klerk by 082 455 7354.