full screen background image
NJ Coetzee.

Motor-ekstravaganza vir siek seun

347

‘n Massiewe motor-ekstravaganza word vir die naweek van 27 tot 29 April ten bate van NJ Coetzee beplan wat gespesialiseerde duur behandeling moet ondergaan.
NJ (12) het epileptiese aanvalle in sy slaap begin kry na ‘n kopbesering wat hy drie jaar gelede tydens ‘n rugbywedstryd opgedoen het en narkoleptiese epilepsie is by hom gediagnoseer.
Die ekstravaganza vind by Doringbos 4×4 Klub en Kamp net buite Polokwane op die R519 plaas. Volgens Wickus Durandt, kamp- en klubeienaar, sal die opbrengs vir die naweek aan NJ se gesin geskenk word om met sy mediese uitgawes te help omdat hulle nie ‘n mediese fonds het nie.
Die ingangsfooi is R10 per dag en aktiwiteite begin van 10:00 af. Vrydag 27 April vind ‘n 4×4-gimkana plaas en Saterdag is dit die motorfiets­ryers se beurt.
Sondag 29 April vind ‘n motormania-uitstalling met ‘n groot verskeidenheid motors en motorfietse sowel as die prysuitdeling plaas.
Stalletjies kan vir R100 vir die hele naweek bespreek word. Kampgeriewe kos R50 per persoon per aand.
“Ondersteun die Coetzee-gesin deur die naweek by te woon of deel te neem. Elke dag wat NJ sonder die gespesialiseerde behandeling is, is sy lewe in gevaar,” sê Durandt.
Vir meer inligting of om deel te neem, kontak Durandt by 083 580 5566.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za