full screen background image

Miss Polokwane Observer reik uit na Ivydale shelter met komberse

1336
Miss Polokwane Observer Cover Girl, Elrize Erasmus.

Miss Polokwane Observer Cover Girl, Elrize Erasmus.

Miss Polokwane Observer 2015, Elrize Erasmus, het Ivydale Shelter onlangs vir die eerste keer besoek en na die inwoners uitgereik.
Elrize het saam met organiseerder van die Miss Polokwane Observer Cover Girl-skoonheidskompetisie wat in Julie plaasgevind het, Katryn Barwise, komberse uitgedeel.
Barwise  verduidelik dat sy en Elrize die laaste komberse wat tydens die skoonheidskompetisie ingesamel is aan Ivydale Shelter oorhandig het.
“As deel van die kompetisie moes elke deelnemer ‘n kombers as skenking saambring. Sommige deelnemers het meer as een saamgebring en daarom kon ons ook komberse aan Ngwana Babahuis en Ponthso Disability Centre skenk,” sê sy.
Die twee skoonhede het ook sanitêre produkte wat Barwise tydens haar damesfunksie in Augustus ingesamel het, aan Ivydale Shelter geskenk.
Elrize sê dat sy baie opgewonde is om nog baie projekte as Miss Polokwane Observer aan te pak en dat sy daarna uitsien om in baie mense se lewens ‘n verskil te maak.
“My besoek aan die shelter was vir my baie emosioneel. Ek was na aan trane en dit het my net weereens laat besef hoeveel ‘n mens het om voor dankbaar te wees.”
Sy voeg by dat sy definitief weer daar sal besoek aflê en sy is dankbaar dat Barwise saam met haar gegaan het om glimlagte op die inwoners se gesigte te sit.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Foto: Elrize Erasmus, Miss Polokwane Observer 2015 en Katryn Barwise, organiseerder van Miss Polokwane Observer Cover Girl 2015 (regs) saam met inwoners van Ivydale Shelter.