full screen background image

Mighty Men-konferensie beloof om wonderlike ervaring te wees

206
Angus Buchan tree by die Mighty Men Conference in the Bushveld (MMC) op.

Angus Buchan tree by die Mighty Men Conference in the Bushveld (MMC) op.

‘n Baie goeie opkoms word vir die Mighty Men Conference in the Bushveld (MMC) verwag wat volgende naweek buite die stad op die plaas, Snymans-drift plaasvind.
Die hoofspreker is Angus Buchan, terwyl Piet Jacobs en Matt Ludick ook optree. Franna Benade sal die lofprysing hanteer en bekende sanger, Joe Niemand tree ook op.
Francois Brits, komitee-lid en eienaar van die plaas, sê dat alles in plek is en konferensiegangers kan na ‘n onvergeetlike geestelike belewenis uitsien.
“Daar sal ook ‘n klerewinkel wees waar aandenkings gekoop kan word en ‘n verskeidenheid kosstalletjies sal verseker dat daar iets vir almal sal wees,” sê Brits.
Besoek www.mmcbosveld.co.za vir besonderhede.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Foto: ‘n Vrolike groep kampeerders by ‘n vorige Mighty Men Konferensie.




Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − twelve =