full screen background image
Marné Ebersohn Akademie leiers Deoné Steynberg, Michelle Norman, Cole Gilburt, Dewald du Toit en Michaela Partridge by die wag-’n-bietjieboom wat hulle op die skoolterrein geplant het.

MEA-leiers sit boomplanttradisie voort

123

Marné Ebersohn Akademie se leiers het Maandagoggend die skool se tradisie wat drie jaar gelede gevestig is, voortgesit toe hulle ‘n wag-‘n-bietjieboom op die skoolterrein ten aanskoue van ander leerders geplant het.
Skoolhoof Mariette Ebersohn het die leerders toegespreek en die rol van bome in die natuur beklemtoon.
Sy het Psalm 1:3 aangehaal en gesê dat bome nie net ‘n lus vir die oog is nie maar ook op voorspoed dui.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com