full screen background image
Kleuters van Marné Ebersohn Akademie, Nerize du Preez, Evan Moolman, Hanro Rutherford, Diederick Schoeman en Rainin Olivier spog met hul toga’s by die gradeplegtigheid.

MEA-kleuters ontvang hul grade

235

‘n Groepie trotse kleuters van Marné Ebersohn Akademie het verlede Donderdagaand hul grade tydens ‘n geselligheid by die skool ontvang.
Skoolhoof Mariette Ebersohn het gesê dat sy baie trots is op die kleuters wat nou skoolgereed is en dat hulle nie vir die skool verlore is nie. “Hulle begin volgende jaar hul grootskooldae by ons en ek sien uit daarna om hulle by ons aktiwiteite in te skakel.”

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com