full screen background image

Mankweng-spanne kry slae by Noordelikes

368

RC Myburgh

BB Truck Noordelikes het Saterdag weer gewys dat daar nie met hulle op hul tuisveld gemors word nie en dat hulle die spanne is om te klop.
Hulle het in die sesde ronde van die Boet Fick-liga teen Man-kweng Rugbyklub te staan gekom en hul oorrompel.
Die eerste- en tweedespanne van Mankweng het met beide wedstryde hard probeer om punte op die telbord te sit. Slegs die tweedespan kon met ‘n drie en doelskop slaag wat hul puntetelling tot op 7 teenoor die 69 van Noordelikes gebring het.
Noordelikes se eerstespan het oudergewoonte kookwaterrugby opgedis en Mankweng 89-0 verslaan. Hoofafrigter, Frederick Romijn sê die spel wat Saterdag opgedis is, is enige afrigter se droom. “Al die spelpatrone het gewerk soos dit moet en kan ons amper sê dit was ‘n foutlose wedstryd.”
Die seminfinaal van die gewilde liga vind Saterdag plaas. Al drie die spanne van Noordelikes sal teen Letaba te staan kom en rugbyliefhebbers word genooi om Noordelikes op hul tuisveld te ondersteun.
Romijn verwag kookwaterrugby die naweek omdat spanne nou die krane oopdraai om die Boet Fick-liga te wen.

Noordelikes se tweedespan-speler, Leon Jordaan vleg deur sy opponente.

Noordelikes se tweedespan-speler, Leon Jordaan vleg deur sy opponente.

Jacques Els van Noordelikes se tweedespan word vasgevat.

Jacques Els van Noordelikes se tweedespan word vasgevat.