full screen background image

Mankweng kry pak in Boet Fick-liga

815

RC Myburgh

Mankweng Rugbyklub se eerste-rugbyspan het Saterdag op Pietersburg Rugbyklub se rugbyveld met 7-121 in die Boet Fick-liga teen Louis Trichardt Rugbyklub verloor.
Mankweng se tweedespan was ook ongelukkig in hul wedstryd en het net-net met 39-40 teen Dendron verloor.
Louis Trichardt se eerste-span lê tans bo-aan die punte-leer in die Boet Fick-seniorliga met BB Truck Noordelikes tweede.
Dendron se tweede span beklee die eerste plek in die tweedespan-afdeling van die seniorliga met Noordelikes weer in die tweede plek.
Die derdespanne se liga word deur Letaba Rugbyklub oorheers met die Noordelikes weereens in die tweede plek.
Noordelikes speel die naweek op hul tuisveld teen Louis Trichardt en Dendron terwyl Pietersburg teen University of Limpopo op hul tuisveld in die vyfde ronde van die liga sal opdraf.

Tebele Letsoalo van Mankweng se tweedespan gee vinnig die bal uit.

Tebele Letsoalo van Mankweng se tweedespan gee vinnig die bal uit.




Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty − 10 =