full screen background image

Mandjiedans maak litte los

584

Saterdagaand se Mandjiedans het weer bewys dat funksies van die SAVF Polokwane nie net vir senior burgers is nie, toe vriende van die stad hul mandjies gepak het en by inwoners van Vergeet-my-nie Behuisingsentrum aange­sluit het om gesellig saam te verkeer.
DJ Gogga, oftewel Rachelle Smit, het met sy klankstelsel vir lewendige musiek gesorg en dansers kon nie bly sit toe treffers soos Outa in die langpad en nuwer treffers uit die tagtigerjare gespeel is nie.
Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polo­kwane, sê hy is tevrede met die opkoms en beïndruk met die belangstelling wat inwo­ners van die stad in die sentrum se aktiwi­teite toon.
“Dit laat senior burgers voel dat hulle nie vergete is nie,” sê Lee.
Serena McLaren, maatskaplike werker van die SAVF Polokwane sê dat dit vir die inwoners van die tehuis belangrik is om met besoekers te kuier en dat die mandjiedans ‘n geleentheid bied om nuwe vriende te maak.

Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane en Marietjie Champaud vang gees.

Rykaart en Rencia Volschenk is gereelde ondersteuners van die mandjiedans.

Meisie, Jan en Wil Alkers geniet versnaperinge en hou die dansers dop.