full screen background image
Tristin Mason en Rowan Gouws wys hulle ware kleure by Kansa Polokwane se Shavathon by Mall of the North.

Mall of the North ondersteun Kansa

80

Inkopiegangers by Mall of the North het Saterdag vir ‘n tweede agtereenvolgende week hul hare laat sny of gekleur as deel van Kansa Polokwane se Shavathon-projek.
Kansa Polokwane se gemeenskapsmobiliseerder, René Robberts en vrywilliger Mpuru Kgothatso was aan die stuur van sake en ‘n bedrag van R2 659 is ingesamel.
Kansa bied op 25 Maart ‘n damestee by Bolivia Lodge vir alle matriekmeisies en voornemende bruide aan met verskeie pryse, van ontwerpersrokke tot troukoeke op die stel, op die spel.
Vir meer inligting kan e-posse aan Robberts by rrobberts@cansa.org.za gerig word.

Storie en foto’s: Thinus du Toit
>>thinus@observer.co.za

Jaco Maré ondersteun Kansa.

Pers en blou kikker Alta Swanepoel se kapsel op.

Blou en rooi hare vir ‘n goeie saak meen Jacques Pretorius.

Vrywilliger, Mpuru Kgothatso.

Hoe rooier hoe mooier vir Carina Bouwer.