full screen background image
Sumari de Ridder, algemene bestuur­der van Mall of the North sien uit om atlete en ondersteuners op 1 April in Polokwane vir die marathon te verwelkom en daar­na ‘n onvergeetlike inkopie-ervaring te beleef. (Foto: argief)

Mall of the North Marathon om die draai

249

Met slegs twee weke voor die grootste marathon in die provinsie plaasvind, word die krane nou behoorlik oopgedraai om alles perfek in plek te hê vir die duisende atlete, ondersteu­ners en toeskouers wat van heinde en verre kom.
Die Mall of the North Marathon word in vennootskap met Pietersburg Road Runners
(PRR) en borge aangebied wat hul tot sportontwikkeling in Limpopo verbind, selfs vir rolstoelatlete wat vir die eerste keer deelneem.
Atlete kan die marathon as ‘n Comrades-kwalifiseerder gebruik, maar kan ook aan die halfmarathon of selfs 10 km-wedloop deelneem terwyl die 5 km-pretdraf die beste geleentheid vir vriende of gesinne is om die buitelug te geniet terwyl hul tyd saam deurbring.
Na afloop van die wedloop is die gesogte winkelsentrum met 180 winkels die ideale plek om inkopies te doen, juis omdat dit daar begin en eindig.
“Ons sien baie uit na die Mall of the North Marathon omdat dit een van ons groot spesialiteitsgebeure is wat jaarliks groter en beter word. Ons verwelkom nie net atlete op 1 April by die mall nie, maar ook hulle vriende en familie wat hulle kom ondersteun. Pragtige medaljes en groot prysgeld is boonop op die spel.
“Vanjaar is daar baie om na uit te sien by Mall of the North. H&M open op 8 April wat nie net die eerste een in Limpopo is nie, maar ook een van die eerstes in die land, sê Sumari de Ridder, algemene bestuurder van Mall of the North.
Vir enige navrae oor die verskillende afstande, wegspringtye, inskrywings- en prysgeld kan die wedrenorganiseerder, Colinda Potgieter by 082 898 8341 of Mari Delport, Mall of the North-bemarkingsbestuurder by 072 698 4867 geskakel word.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com