full screen background image
Limpopo Toyota-verkoopsbestuurder, Benny Cahn oorhandig die sleutels van ‘n Toyota Hilux 2.8 GDS aan skoolhoof, Gideon Pelzer.

Limpopo Toyota skenk Hilux aan Oosskool

107

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het onlangs breed oor die nuwe voertuig wat deur Limpopo Toyota aan die skool oorhandig is, geglimlag.
Dié Toyota Hilux 2.8 GDS ter waarde van R580 000 is deel van Limpopo Toyota se borgooreenkoms met die skool en moet met die beëindiging van die borgskap terugbesorg word.
Skoolhoof, Gideon Pelzer het onmiddellik agter die stuur ingeklim om die kajuit van nader te beskou.
Limpopo Toyota se verkoops­bestuurder, Benny Cahn, het gesê dat Ooskool die voertuig na goeddunke kan gebruik.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Oosskool se nuwe voertuig pronk voor die kantoorgebou.

Gideon Pelzer agter die stuur van die voertuig.