full screen background image

Lim-hokkiespanne louwarm

341

Limpopo se manshokkiespanne het verlede week tydens die South African Country Districts Hockey Tournament, ‘n algehele agtste en 12de plek onderskeidelik op die finale punteleer behaal.
Alhoewel Limpopo se A-span Oos-Gauteng vroeg in die toernooi, wat op Hoërskool Pietersburg (PHS) se Astrobaan aangebied is, met 3-1 ge­klop het, het die res vir die toernooi vir hulle sowel as die Limpopo Baobabs nie te rooskleurig verloop nie.
Die A-span het algeheel agste geëindig met die Baobabs wat laaste op die punteleer lê.
Die toernooi het verlede Sondag begin en die finaal is Saterdag gespeel. Altesaam 12 spanne wat Suid- en Oos-Gauteng, die Limpopo A- en Baobab-spanne, KwaZulu-Natal Inland se A- en B-spanne, Mpumalanga, Northerns, Kwa-Zulu-Natal Coastals, Westelike Provinsie en die Suid-Kaap insluit, het sake uitgespook.
Die Inland A-span het die toernooi gewen gevolg deur die Suid-Kaap met Mpumalanga in die derde plek.
Michael Sparkman van die Westelike Provinsie is as speler van die toernooi aangewys terwyl Ryan Innes van Mpumalanga as belowendste speler van die toernooi gekroon is.
Leslie Graham van Inland A-span was die beste speler bo die ouderdom van 35 jaar.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ross Mommsen op pad doelkas toe.

Ross Mommsen op pad doelkas toe.