full screen background image
Die Silwer Ferns is die B1-mansligawenners (krieket).

Lewendigheid, aksie by Polokwane Action Sports

380

Polsende musiek, geesdriftige toeskouers en vuurwarm sportaksie het onlangs hoogty by Polokwane Action Sports se bane gevier.
Aksienetbal- en -krieketligaspanne
het mekaar die stryd aangesê waar­tydens blitsvinnige reaksies die koring van die kaf geskei het. Netbal en krieketspelers het uitstekende vaardighede getoon en alhoewel die mededinging kliphard was, was daar geen tekort aan goeie sportmanskap nie.
Die Hillbillys het in die Netbal A-liga as oorwinnaars weggestap terwyl die Jokers met ‘n tweede plek tevrede moes wees.
In die aksiekrieketliga het die Silwer Ferns teen die Raiders in die B1-mansliga koning gekraai.
Polokwane Action Sports het na Zunestraat 21 verskuif waar ‘n nuwe kroeg en restaurant na verwagting in April sal open.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Jané Bacher, netbalspeler teken ‘n doel aan.