full screen background image
Voorsitter en komiteelid van Leeuwkuil GPF, Polla Venter en Leon Uys maak seker die skaap op die spit is gereed vir opdie­ning tydens die forum se jaaraf­sluiting wat Saterdag op die hoewes buite die stad gehou is. Lede van Ladanna GPF en Leeuwkuil Plaaswag wat nou saam met Leeuwkuil GPF werk, het ook die geleentheid bygewoon. Lede is vir hul bydrae om misdaad in die omgewing te bekamp, bedank. Terwyl volwassenes ‘n drankie onder die tente geniet en lekker saamgekuier het, het kinders in die swembad of op die springkasteel baljaar.

Leeuwkuil GPF sluit jaar met skaapbraai af

618