full screen background image
Die fietsryers van PHS wat aan die Spur Schools Mountain Bike League se nasionale finaal in Magaliesburg deelgeneem het, is Chris van der Walt, JD Roos, Amilia Goosen, CG Grobbelaar en Bjorn Nel.

Leerders van PHS, Oosskool verwerf welverdiende Limpopo-kleure vir fietsry

88

Na afloop van die jaarlikse Spur Schools Mountain Bike League se finale ronde, Tour de Lip, wat onlangs in Louis Trichardt gehou is, het een leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) en twee van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) provinsiale kleure ontvang.
Vyf Pieties het die naweek aan die nasionale finaal in Magaliesburg deelgeneem. Benewens Amelia Goosen van PHS wat Limpopo-kleure verwerf het nadat sy in elke ronde onder die top drie ryers in haar kategorie geëindig het, het Monique Pretorius, Christiaan Theunissen, Bjorn Nel, JD Roos en CG Grobbelaar ook uitnemend presteer.
PHS het na die Tour de Lip algeheel vierde geëindig met 190 punte terwyl Hoërskool Louis Trichardt met 573 die voortou geneem het gevolg deur Stanford Lake College met 390.
Oosskool-leerders, Reinhardt Janse van Vuuren en Jarred Watridge het ook Limpopo-kleure verwerf. Hulle neem in die subjunior-afdeling deel.
Die Osies het nie aan die nasionale ronde deelgeneem nie omdat dit slegs vir hoërskole aangebied word, maar is trots op hul prestasies nadat Oosskool bo aan die provinsiale lys vir laerskole met 991 punte geëindig het, meer as 500 punte meer as hul opvolger, Unicorn Preparatory School.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS-leerder, Amilia Goosen spog met Limpopo-kleure in berg­fietsry.