full screen background image
Shannon Sacco.

Leerder se paddood – verhoor uitgestel

501

Ramone Heymann wat ‘n klag van strafbare manslag in die gesig staar nadat hy na bewe­ring Westenburg Sekondêre Skool-leerder, Shannon Sacco in Maart 2016 doodgery het, se verhoor is verlede Maandag in die Mankweng Streekhof tot April uitgestel. Die saak is verlede jaar vir verhoor in Februarie geskeduleer, maar volgens ‘n Sacco-familielid is die saak weer uitgestel omdat Heymann glo van regsverteenwoordiger verander het. Shannon is dood nadat sy na skool op pad huis toe deur ‘n voertuig getref is.
Heymann het glo na die ongeluk probeer weghardloop, maar is deur gemeenskapslede aangekeer waarna hy in die Polokwane landdroshof verskyn het en later op R1 500 borgtog vrygelaat is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com