full screen background image

Laerskool Piet Hugo gereed vir skenking

2559

Laerskool Piet Hugo bied op 27 Mei van 07:00 tot 19:00 ‘n bloedskenkgeleentheid aan om die South African National Blood Service (SANBS) te help om hul bloedvoorraad aan te vul.
‘n Geskenkbewys van R2 500 is op die spel vir die klas wat die meeste skenkers vir hierdie geleentheid kan werf.
Maandag het die SANBS se skakelbeampte Dottie Pinn die leerders toegespreek en Dinsdag het die onderwysers aan die beurt gekom.
Pinn het Piet Hugo besoek om die leerders en onderwysers meer oor die SANBS se werksaamhede, en die voordele daarvan om bloed te skenk, te vertel.
Die leerders het Maandag aandagtig na Pinn geluister en was selfs vuur en vlam om self bloed te skenk. Laerskoolleerders mag egter nie bloed skenk nie, want skenkers moet ouer as 16 jaar wees en meer as 50kg weeg.
Pinn het verduidelik dat die leerders wel ‘n verskil kan maak deur hul ouers, familie en familie-vriende te oortuig om bloed te skenk.
“Dit gaan op die einde van die dag oor hoeveel mense ons kan help en ek is oortuig daarvan dat ons ‘n suksesvolle skenkingsgeleentheid by Piet Hugo gaan hê,” het Pinn gesê.
Adjunkhoof van Hugo, Pieter van Eeden het gesê dat dit die eerste keer in die skool se geskiedenis sal wees wat hulle ‘n bloedskenkgeleent-heid gaan aanbied en dat hy uitsien daarna om uit te vind wat die dag vir die skool sal inhou.




Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × 2 =