full screen background image

La Wiida Leersentrum se gholfdag trek baie aandag

1164

La Wiida Leersentrum vir Kinders met Gestremdhede en Spesiale Behoeftes se jaarlikse gholfdag het, soos in die verlede, ‘n stewige finansiële inspuiting vir die skool verseker.
Spelers van 32 spanne het Vrydag van vroegoggend af sake op die baan oor 18 putjies uitgespook. ‘n Span van Pretoria wat jaarliks die gholfdag ondersteun, het weer spesiaal van Pretoria af gevlieg.
Christina Langenhoven, hoof van die skool sê dat die gemeenskap en sakelui van die stad ‘n oop hand het vir die sentrum wat grootliks van skenkings en ouerbydraes afhanklik is en het haar opregte dank teenoor organiseerders, skenkers en spelers uitgespreek.
“Die geld sal vir die ontwikkeling van die skool se lewensvaardigheidsafdeling gebruik word,” het sy gesê.
Die geleentheid is met ‘n spitbraai afgesluit en besoekers kon egte Bosveldse gasvryheid geniet.
Die finale bedrag wat ingesamel is, is nog nie bekend nie aangesien alle borgskappe nog nie ontvang en verreken is nie. Die algehele wenners was die span van ‘n motorhandelaarsgroep.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Martin van Ghent hou asem op.

Martin van Ghent hou asem op.

Foto’s: Barry Viljoen - Leerders van La Wiida Leersentrum vir Kinders met Gestremdhede en Spesiale Behoeftes tydens die afsluiting van hulle gholfdag. Agter is leerkragte, Henriette Grimbeek, Christina Langenhoven, hoof, en Johanna Troskie.

Foto’s: Barry Viljoen
– Leerders van La Wiida Leersentrum vir Kinders met Gestremdhede en Spesiale Behoeftes tydens die afsluiting van hulle gholfdag. Agter is leerkragte, Henriette Grimbeek, Christina Langenhoven, hoof, en Johanna Troskie.