full screen background image
Karabo Monyemangene en Charmoné Oosthuizen deel die trofee as Hokkiespeler van die Jaar. (Foto’s: Verskaf)

Kruinies wys bestes op sportgebied aan

104

Curro Heuwelkruin het tydens hul onlangse prysuitdeling die toppresteerders op sportgebied vereer.
Die bestes se prestasies in hokkie, gholf, krieket, rugby, swem en tennis is met trofeë beloon.
Gholfspeler van die Jaar is Jandré van Niekerk tewyl Karabo Monyemangene en Charmoné Oosthuizen die trofee as Hokkiespeler van die Jaar deel.
In krieket is Grant Steynberg as Bouler van die Jaar aangewys met Juan Smith as Kolwer van die Jaar. Gerhard van Zyl is as Krieketspeler van die Jaar aangewys.
Juan het ook met die toekennings as Tennisspeler- en Rugbyspeler van die Jaar weggestap en deel ook nog die trofee as Rugby Sewesspeler van die Jaar met Grant Steynberg.
Miguel Pereira is die Swemmer van die Jaar.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Jandré van Niekerk is Gholfspeler van die Jaar.

Grant Steynberg is die Bouler van die Jaar.

Juan Smith is Kolwer van die Jaar.

Gerhard van Zyl as Krieketspeler van die Jaar.

Miguel Pereira is die Swemmer van die Jaar.

Die trofee vir Rugby Sewesspeler van die Jaar word deur Grant Steynberg en Juan Smith gedeel.