full screen background image

Kruinies vier tiende stigtingsdag

667

Vyf mense se droom om ‘n Afrikaanse privaat­skool in Polokwane tot stand te bring is Vrydag en Saterdag tydens Curro Heuwelkruin se tiende stigtingsdag met gewyde oomblikke en ‘n sportfees soos min gevier.
Uitvoerende hoof, Eben Lingenfelder, het die verrigtinge Vrydagmiddag met ‘n woord van dank aan al ouers, onderwysers en bestuurs­raadslede vir die insette wat hulle oor die afgelope tien jaar gelewer het. Hy het ook die stigters van die skool en die eertydse kollege­raad bedank.
Tydens sy openingsrede het hy verduidelik dat die skool met ‘n visie van Dawid Oelofse, George Diamond, Thys Kachelhoffer, Manie Lambrechts en Coenraad van der Walt begin het. Die skool is amptelik in 2007 gestig en in 2008 is sy deure as Heuwelkruin Kollege geopen. In 2010 het privaatonderwysreus Curro Holdings die skool gekoop en vandag spog hierdie bastion van Afrikaanse uitmuntendheid met 36 klaskamers, twee rekenaarlaboratoriums en top sportfasiliteite op ‘n kampus wat 17 ha beslaan. Die skool het tans 74 personeel­lede en 558 leerders, het Lingenfelder verder verduidelik.
“Tien jaar is ‘n kort tydperk. As ons soveel in die eerste tien jaar kon vermag, is ek opgewonde oor die volgende tien jaar wat voorlê,” het hy afgesluit.
Na ‘n vlaghysing en sangitems deur die junior- en seniorkoor, het leiers van Phobos-, Deimos-, en Tritonhuis kranse by verskeie geboue op die terrein gelê. Daarna het die sportfees in alle erns afgeskop.
Vrydag het die hoërskoolhokkiespanne die sportfees met wedstryde teen Hoërskool Warmbad begin en die eerste meisiehokkie­span het die Warries met 5-2 die knie laat buig, maar die eerste seunsspan moes die stryd met 0-3 gewonne gee. Kruinies se o.16-meisiespan het gelykop met ‘n telling van twee elk teen Warmbad gespeel.
Saterdag se program is met opwindende bulletjierugy begin, waarna die rugby- en netbal­toernooi aan die beurt gekom het.
Heuwelkruin se laerskoolspanne het teen Curro Secunda, buurskool Eagle’s Nest en Leeuwenhof Akademie kragte gemeet. Kruinies se 0.13-rugbyspan het hul wedstryde teen beide Secunda en Leeuwenhof met 52-5 en 33-15 onderskeidelik gewen.
Die o.13A-netbalspan het met 3-11 teen Secunda en 0-29 teen Leeuwenhof verloor, maar met 8-3 teen Eagle’s Nest gewen.
Die hoërskoolrugbyspanne het weer teen Warmbad te staan gekom en die eerstespanwedstryd het vir besonderse opwinding gesorg. Kruinies het deurentyd goeie dissipline en ka­rak­ter getoon en die wedstryd met 39-24 gewen.
Heuwelkruin se eerste netbalspan het die dag onoorwonne afgesluit nadat hulle met 12-4 teen Warmbad, 9-2 teen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, en 15-1 teen Hoërskool Louis Trichardt koning gekraai het.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Curro Heuwelkruin stigtingsdag sportuitslae

Laerskoolnetbal:
o.10A wen met 8-0 teen Curro Secunda.
o.10A wen met 6-1 teen Eagle’s Nest.
o.10B verloor met 11-0 teen Eagle’s Nest.
o.11A verloor met 9-4 teen Curro Secunda.
o.11A verloor met 6-1 teen Eagle’s Nest.
o.12A wen met 10-5 teen Eagle’s Nest.
o.12B verloor met 5-3 teen Eagle’s Nest.
o.13A verloor met 11-3 teen Curro Secunda.
o.13A wen met 8-3 teen Eagle’s Nest.
o.13A verloor met 29-0 teen Leeuwenhof Akademie.
o.13B verloor met 6-0 teen Eagle’s Nest.

Laerskoolrugby:
o.9 verloor met 32-10 teen Curro Secunda.
o.11 wen met 70-0 teen Curro Secunda.
o.13 wen met 52-5 teen Curro Secunda
o.13 wen met 33-15 teen Leeuwenhof Akademie

Hoërskoolrugby
o.15 wen met 33-0 teen Hoërskool Warmbad.
o.17 wen met 57-10 teen Hoërskool Warmbad.
Eerstespan wen met 39-24 teen Hoërskool Warmbad.

Hoërskoolhokkie
o.16-meisiespan speel met gelyk 2-2 teen Hoërskool Warmbad.
Eerstemeisiespan wen met 5-2 teen Hoërskool Warmbad.
Eersteseunspan verloor met 3-0 teen Hoërskool Warmbad.

Hoërskoolnetbal

o.14A-span
Wen met 5-2 teen HTS Tom Naudé.
Wen met 19-1teen Hoërskool Warmbad.
Wen met 9-1 teen Millennium Gekombineerde Skool.
Wen met 6-5 teen Hoërskool Louis Trichardt.

o.15-span
Wen met 15-3 teen HTS Tom Naudé.
Verloor met 13-2 teen Hoërskool Louis Trichardt.
Wen met 12-7 teen Hoërskool Warmbad.
Wen met 7-3 teen Hoërskool Louis Trichart se o.15B-span.

Eerstespan
Wen met 12-4 teen Hoërskool Warmbad.
Wen met 9-2 teen HTS Tom Naudé.
Wen met 15-1 teen Hoërskool Louis Trichardt

Uitvoerende Hoof van Curro Heuwelkruin, Eben Lingenfelder, spreek leerders tydens die skool se tiende stigtingsdag toe.

Dylan Catto, Roelof Niehoff, Kayla Snyman en Reece Wynne van Phoboshuis verduidelik waar hulle die krans in die skool se vierkant gaan neerlê.

Louw Claassens, Heuwelkruin se eerstespanflank, saai verwoesting onder sy teenstanders.

Daniël Erasmus, Talia Pereira en Dewan Jacobs van Deimoshuis spreek leerders toe.

Heuwelkruin-eerstespan hokkiespeler, Zanelle Swart, stuur die bal oor die veld.

Eerstespanhokkiespeler van Heuwelkruin, André Kotze, beplan sy volgende beweging.

Kayla Spies, senter van Heuwelkruin se eerste netbalspan, gee die bal vir ‘n spanmaat aan.

Lede van Tritonhuis, Dewan Jacobs, Maria Taya, Ashden Venter en Leard Prenzler spreek die gehoor toe.

Heuwelkruin eerste hokkiespanspeler, Bathabile Mahlake, is oppad na die doelhok tydens die span se wedstryd teen Hoërskool Warmbad.

Ashden Venter van Heuwelkruin se eerste meisiehokkiespan beweeg verby haar opponent.

Heuwelkruin eerstespanhokkiespeler, Roelof Niehoff, wag vir die bal om grond te vat.

Ethan Davis, o.7 bulletjierugbyspeler, kry ‘n gaping tussen sy teenstanders.

Bulletjierugbyspeler, Fenyang Mashile, o.7, beplan sy aanval.

Oefentse Manyaka, o.13, word vasgevat.

Heuwelkruin se Wiko Neuhoff, o.13, word deur ‘n opponent van Secunda vasgetrek.

Buitesenter van Heuwelkruin se o.13-span, Altus van Heerden, soek ‘n gaping.

Eerstespannetbalspeler, Kayla Snyman, gee die bal na Lizette Pretorius aan.

Eerstespannetbalspeler, Kaela Steyn, voor, beweeg in posisie terwyl Kayla Spies die bal ontvang.

Kruinie-eerstespanverdediger, Ndzlama Lubisi, fnuik ‘n opponent.

Reece Wynne, Heuwelkruin-eersterugbyspan, ontduik sy teenstanders.

Kruinie-eersterugbyspanspeler, Renier Gerber, word vasgevat.

Henco van Staden, eerstespanstut, storm deur sy opponente.