full screen background image
Odette Goosen, 0.17, warm op.

Kruinie-tennisspelers slaggereed vir seisoen

314

Met vanjaar se tennisseisoen nog in sy kinderskoene, is Curro Heuwelkruin se tennisspelers reeds oorgehaal om hul staal teen ander skole te toets nadat hulle hul plekke in die skool se tennisspanne tydens die onlangse werftennis oopgespeel het.
Die toernooi is in ‘n beste-uit-drie uitklopformaat gespeel en die uitslae het bepaal in watter span die spelers is en waar hulle op die ranglys lê.
Afrigter Carol-Lynn Nel is baie opgewonde oor die seisoen wat voorê en sê die leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die Kruinies spog vanjaar met vier seuns- en twee meisiespanne.
Na ‘n fel stryd deel Marissa de Lange en Odette Goosen die eerste plek in die eerste meisiespan met Charné Hartley en Ashleigh Hunter in die derde en vierde plek.
In die tweede meisiespan is Renee Hough in die eerste posisie met Ndlai Ledwaba tweede, Luca Prenzler derde en Lati Mokone vierde. Cole Chandler is die voorloper in die eerste seunspan met Albert-Louis Nel tweede, Dian Botha derde en Lenard Prenzler vierde.
In die tweede seunspan is Dylan Cato bo aan die punteleer, met Henco Botha tweede. Adani Ramatsea en Javier Gonzales neem die derde en vierde plekke in.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Dylan Catto, 0.17, toets sy opponent se reaksietyd.

Henco Botha, 0.14, se voor­handhou is goed geolie.

Sibusiso Mahlangu, 0.14, konsentreer op die bal.

Cole Chandler, 0.17, stuur die bal met mening oor die net.

Luca Prenzler, 0.18, hou haar oog op haar opponent.

Albert-Louis Nel, 0.17, som sy opponent op voorat hy afslaan.

Ndlali Ledwaba, 0.17, is op haar gemak tydens haar wedstryd teen Luca Prenzler.

Lati Makone, 0.18, strek om by die bal te kom.